012 329 3896  
REITZ WRESTLING since 1936 South Africa

Die SA Kadette en Senior Kampioenskappe het op 4 en 5 Julie 2014 in Noord-Gauteng saal plaasgevind. Vier van Reitz se stoeiers het deelgeneem en hulle het almal medaljes ontvang. Die vier stoeiers wat gestoei het was Dean Steinhobel (Kadette Grieks Romeins), Theuns du Plessis (Kadette Grieks Romeins en Vrystyl), Barco Badenhorst (Seniors Grieks Romeins en Vrystyl) en Donald Mabusela (Senior Grieks Romeins en Vrystyl). 


Vrydag 4 Julie was die Grieks Romeinse kampioenskap en die stoeiers het soos volg presteer:
Dean Steinhobel wen silwer (o/76kg) en Theuns du Plessis(o/85kg)kom 4de in die Kadette-afdeling. In die Seniorsadeling wen Donald Mabusela goud (o/75kg)en Badenhorst Badenhorst wen silwer (o/66kg). Op Saterdag 5 Julie was dit die Vrystyl kampioenskap en die stoeiers het soos volg presteer: Theuns du Plessis wen silwer (o/85kg), Barco Badenhorst wen goud (o/65kg) en Donald Mabusela wen silwer (o/74kg). Mooi so manne!
 


 

 

 

 

 

 

 

 
       terms | © Reitz Wrestling - All rights reserved