012 329 3896  
REITZ WRESTLING since 1936 South Africa

Vierde generasie van groen en goud


Barco Badenhorst is deel van die Goue Protea-Span wat aangewys is om SA te verteenwoordig by die Afrika Kampioenskappe in Alexandria, Egipte aan die einde van Mei 2015. Hy is die vierde generasie in die Reitz-familie om die groen en goud te dra. 


Oom Johnnie Reitz, stigterslid van Reitzklub, was in 1962 spanbestuurder van die Springbokspan wat in Toledo, Ohio, VSA aan die Wêreldspele gaan deelneem het. Oom Calie Reitz, seun van Oom Johnnie, was Reitzklub se eerste Springbok toe hy gekies was in 1948 as stoeier van die Springbokspan. Oom Kosie Reitz, tweede seun van Oom Johnnie en Oupa van Barco, was deel van die Springbokspan wat na Toledo toe gereis het in 1962. Johan Reitz, seun van Oom Calie, was Springbokstoeier in 1984, terwyl Christo Reitz, seun van Oom Kosie Reitz, Springbokstoeier was in 1981.

 
Wessel en Karin Badenhorst (dogter van Oom Kosie Reitz) is baie trots op Barco wat 25 Mei vertrek na Egipte om daar te gaan deelneem aan die Afrika Junior, sowel as Senior Kampioenskappe. Die feit dat Barco gaan deelneem aan die senior kampioenskap, gee hom die reg om groen en goud oor sy kop te trek. Hy gaan deelneem in die Grieksromeins o/66kg afdeling. 


Reitz is ook baie trots op 'n tweede stoeier van die klub wat in die Goue Protea-Span is - SJ Bester. Dit is ook die eerste keer dat SJ lid is van 'n Goue Protea-Span. Hy gaan ook deelneem in die Grieksromeinse Styl en sy gewig is o/75kg. SJ Bester is Reitz se 37ste persoon wat die goen en goud dra. 


Reitz is baie trots op die twee manne en ons wens hulle alle sukses met hul deelname aan die Afrika Kampioenskappe
 


Barco en SJ

Barco, Jacques Rossouw (hul afrigter) en SJ

Protea-Span na Egipte

Junior-Span na Egipte
       terms | © Reitz Wrestling - All rights reserved