012 329 3896  
REITZ WRESTLING since 1936 South Africa

Tydens die SA Jeug en Junior Kampioenskappe wat op 9 en 10 Oktober 2015 in die Kaap plaasgevind het, het Reitz se stoeiers baie goed presteer. Twee stoeiers ontvang goud, drie silwer en een brons. Op Vrydag 9 Oktober het Barco Badenhorst goud en Donald Mabusela silwer in die Grieksromeins Juniors ontvang. Saterdag 10 Oktober het dieselfde twee stoeiers silwer en brons ontvang in die Vrystyl Juniors. Marco Viljoen verower sy eerste SA titel ook op Saterdag in die Vrystyl Jeug afdeling, terwyl Deleon Saaiman 'n silwer medalje - sy eerste SA medalje ooit - wen in ook in die Vrystyl Jeug afdeling. Baie geluk aan julle 4 manne. Julle het ons naam hoog gedra.



       terms | © Reitz Wrestling - All rights reserved