012 329 3896  
REITZ WRESTLING since 1936 South Africa

Oom Calie Reitz is op 26 Augustus 2016 oorlede na 'n kort siekbed.

Hy was Reitzklub se eerste Springbok in 1948. Tydens die Spele in London verower hy 'n 4de plek. Voorwaar 'n uitmuntende prestasie. (Sedertdien was daar ook 'n ander stoeier, Coenraad de Villiers, wat ook dieselfde prestasie behaal het.) In 1950 wen hy 'n brons medalje by die Empire Games in Auckland, New Zeeland en in 1952 eindig hy 6de op die Spele in Helsinki. Sedert 1945 tot 1953 was hy ononderbroke SA Kampioen.

Tot en met sy dood was hy Beskermheer van Noord-Gauteng Stoei en Lewenslange Ere-Lid van SASF. 

RUS IN VREDE...


 

 

 

 

 

 
       terms | © Reitz Wrestling - All rights reserved