Op 4 September 2025, een jaar gelede, het Reitz Stoeiklub sy laaste oefening in die ikoniese REITZ SAAL in Adcockstraat, Gezina, gehad. 'n Jaar later, op 5 September 2026, vind die amptelike opening van die nuwe oefen- fasiliteit plaas. Dit is geleë op Oos-Moot Hoërskool se gronde in Haarhoffstraat, Villieria. En so breek 'n nuwe era aan vir Reitz Stoeiklub in dieselfde jaar as wat ons ons 90 ste bestaansjaar vier.
Die dag se vieringe is begin met die tradisionele Dicke en Krieke toernooi. Dit is die klub se interne klubkampioenskappe. Die klubkampioenskappe vind al vir langer as 50 jaar plaas in die formaat. Dick Ellis en Kriek Riekert was twee goeie afrigters van die klub jare gelede en die twee spanne is na hulle vernoem. Ons was bevoorreg om vir Cedrick Ellis (oud- SA Kampioen) en Smittie Riekert by die geleentheid te gehad het - hulle is die seuns van die twee afrigters.
Die nuwe bestuursraad wat vir die volgende 3 jaar die klub se oorhoofse bestuur sal hanteer, is aangekondig en lede van die bestuur wat daar was, het 'n mat oopgerol wat die gebeutenis gedenk. Die bestuursraad wat sal dien tot 2029 is: Christo Reitz, Deon Reitz, Barco Badenhorst, Donovan Davel, Piet van Rensburg, Eddie Theron en Hendrik van Niekerk.
Na die stoei, is die dag afgesluit met 'n braai en kuier.
Reitz Stoeiklub is opgewonde oor die toekoms en is baie dankbaar vir dir groot seën wat ons oor 90 jaar geniet het.
|