REITZ WRESTLING since 1936 South Africa
Op Saterdag 24: Oktober 2026 het Reitz Stoeiklub sy jaarlikse prysuitdeling en afsluiting by Kwagga's Pride gehou.

 

Gereelde bywoning is vir ons baie belangrik. Daar was 12 stoeiers wat 80% bywoning behaal het, meer as 90% was 8, waarvan die hoogste bywoning behaal is deur Diwan Moolman met 98%.

 

Deelname aan toernooi was vanjaar 'n prioriteit. Vier bulletjies het al vier die bulletjie toernooie plus dan die bulletjie kampioenskappe bygewoon. Hulle is Wernich Labuschagne, Lukah Gaum, Diwan Moolman en Luke Lensley.

 

Ander toernooie was ook goed bygewoon. Daniel van der Westhuizen en Xavier Gray het elk aan 10 deelgeneem. Wernich Labuschagne en behalwe van die 5 bulletjie toernooie, ook 5 ander bygewoon wat ook sy totaal op 10 te staan bring. Die stoeie wat die meeste toernooie gestoei het was Diwan Moolman - die 5 bulletjies plus 7 ander wat sy totaal 12 maak.

 

Tydens die NG Kampioenskappe het 6 stoeiers deelgeneem, waarvan 3 medaljes ontvang het:
Silver: Luhan Jordaan en Adrio Gilfilan
Brons: Daniel vd Westhuizen
Daniel vd Westhuizen en Xavier Gray het gekwalifiseer en het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Kaapstad gaan deelneem. Amptenare van ons klub wat ook opgetree het by die SA Kampioenskap was: Mari-Louise vd Westhuizen (medies), Adri van Niekerk (spanbestuurder) en Hendrik van Niekerk (afrigter).

 

Die klubkampioenskappe en Ysterman het saam die punte opgemaak. Met 125 teen 114 wen die Dicke vanjaar die Krieke oortuigend. Ongelukkig het die Krieke ook die geestrofee verloor.....

 

Die wenners van 2026 se prestasietrofees is soos volg:

  • Dana Putter meeste punte (kleinmatjie) - Diwan Moolman (21) punte.
  • Hannes Pretorius o/11 beste presteerder - Xavier Gray (13 punte)
  • Nols le Roux o/13 beste presteerder - Daniel vd Westhuizen (17 punte)
  • Senior beste presteerde - Markus Venter (11 punte)
  • Bywoning, vordering en toegewydheid - Wernich Labuschagne
  • Beginnersvordering (Pieter van Emmenis) - Ben-Pieter Moolman
  • Meester stoeier van die jaar - Monty de Beer
  • Ysterman o/6 - Daniel Jacobs
  • Ysterman o/8 - Ben-Pieter Moolman
  • Ysterman o10 - Joshua Jacobs
  • Ysterman o/14 - Luhan Jordaan
  • Ysterman Bo14 - Jacques-Reinardt Gilfilan
  • Klubkampioen 2026 - Zanru Greyling
  • Algehele beste presteerder - Diwan Moolman met 21 punte.

 

Die klub is baie tevrede met die jaar. Reitz het 'n vol jaar gehad met ons eie Reitz 90, die bou en trek in ons nuwe fasiliteite en 'n vol stoeijaar. Baie dankie vir elke afrigter, spanbestuurder, beampte, mediese beampte, stoeier en ouer. Ons sien uit na 2027.