 Marco Viljoen, Barco Badenhorst en Theuns du Plessis - medaljewenners op SAs Saterdag 15 November was Reitz se prysuitdeling en afsluiting vir 2014. Dit het plaasgevind by Rivierfront net buite Pretoria. Die reën het ons almal baie bekommerd gehad, maar tog het alles goed uitgewerk. Salome Venter het haar ligblou Noord-Gauteng skild as spanbestuurder ontvang, terwyl Jacques Rossouw dieselfde toekenning as afrigter ontvang het. Marco Viljoen was aangewys as klubkampioen tydens ons klubkampioenskap en Donald Mabusela het nie net die trofee as beste presteerder 0/20 ontvang nie, maar ook is hy aangewys as algehele beste presteerder van die klub. Hy was ook by NG aangewys as die stoeier van die jaar 0/20 jaar.
Reitz is ook besonder trots op die feit dat ons stoeiers vanjaar 19 SA medaljes verower het - hiervan is 4 goue medaljes. Ons doel was on ten minste 6 te kry.
|