012 329 3896  
REITZ WRESTLING since 1936 South Africa

Stoei beleef twee jaar van groot ontwrigting agv Covid. 

Die pandemie het 'n groot invloed gehad op alle sporte in SA en ook die wereld. Ons weet almal dat die Olimpiese Spele in Japan groot uitdagings beleef het. Stoei het hierdie uitdagings nie vrygespring nie. Alhoewel 2020 goed weggespring het, het alle aktiwiteite met grendeltyd einde Maart tot stilstand gekom. Dit was eers weer hier na die einde van die jaar waar onder streng protokolle,, sekere aktiwiteite hervat het. Die enkele toernooie en kampioenskappe wat wel plaasgevind het, was streng beheer.  Dit was maar eers weer in Januarie 2021 waar almal hoop en moed gekry het, maar weereens kon aktiwiteite nie soos normaal voortgegaan het nie. 

Reitzklub is swaar getref in 2020. Behalwe van die pandemie, het verskeie gesinne ook ander besluite moes neem. Twee gesinne het Kaap toe getrek, 'n paar was reeds in proses om te immigreer. In 2021 kon ons wel weer stadig aan die gang kom, maar lede van die klub, wat reeds jare betrokke was,  het besluit om "uit te tree" of "af te tree". Ons kon wel die jaar afsluit met twee interne bulletjietoernooie wat gehou is en 'n jaarafsluiting. 'n Splinter nuwe Ouerkomitee het besluit om 2022 met mening aan te pak en is vol moed dat ons weer spoedig ten volle op dreef sal wees, dit ook as Covid-19 ons toelaat om weer so na as moontlik aan "normaal" te kan voortgaan.

Twee van Reitz se seniorstoeiers, Barco Badenhorst en Donald Mabusela, het aan die SA en proewe deelgeneem einde 2021. Beide het silwermedaljes verower op die Senior SA Kampioenskap. Beide is toe ook gekies vir die Common Wealth Kampioenskap wat begin Desember 2021 in Pretoria, sou plaasvind. Ongelukkig is die kampioenskap uitgestel tot later agv Covid. Ons hoop dat dit spoedig sal plaasvind. Baie geluk aan die twee stoeiers.

Ons sien uit na 2022 en hoop dat dit 'n goeie jaar sal wees.

 


       terms | © Reitz Wrestling - All rights reserved