012 329 3896  
REITZ WRESTLING since 1936 South Africa
Donald Mabusela het so pas teruggekeer van die Senior Afrika Kampioenskap in Morrokko.

Hy het verlede naweek daar deelgeneem in die o/79kg Vrystyl. Hy het sy eerste wedstryd teen Morrokko verloor maar is toe teruggebring in die repechage-rondte. Hy het vir Razafinjato van Madagaskar gewen. Dit het veroorsaak dat hy moes uitstoei vir 'n bronsmedalje of dan 5de plek in die finale. Ongelukkig het hy verloor en het toe 5de ge-eindig. Ons is baie trots op Donald. Dis sy eerste internasionale deelname.

       terms | © Reitz Wrestling - All rights reserved